We REMAIN committed to the YOUTH of NAMIBIA, improving their quality of life by ENCOURAGING  them  to recognise OPPORTUNITIES and to unlock their limitless POTENTIAL by realising their DREAMS and thereby INSPIRING them to be the POSITIVE change in the WORLD

   Inspiration : Paul Willemse

Projects and initiatives completed or supported by the MMCT in the past.

Paul Willemse

Contracted from Tsumeb in Namibia to the Golden Lions Rugby Union in 2010 in his Matric Year! He received a full bursary from Monument High School and shined for Monnas 1st XV rugby and represents the Golden Lions at Craven Week 2010. He has received offers from the Golden Lions and Sharks for 2011.

Paul is sponsored by Gilbert who provide the 2 metre, 135kg giant lock with rugby boots, shoulder pads and headgear.

REPUBLIKEIN:

Die groot seun wat diep spore by Tsumeb Gimnasium getrap het, maak Saterdag sy debuut in Super Rugby vir die Lions. Op 19-jarige ouderdom is dit ’n unieke geleentheid en uitdaging vir Willemse. Hy sal as nommer 4-slot saam met Franco van der Merwe vir die Lions op die Cheetahs se tuisveld in Bloemfontein opdraf. Die Lions se Nieu-Seelandse afrigter John Mitchell het dié week nie doekies omgedraai dat sy span se gesukkel in die lynstane onaanvaarbaar is nie.

Willemse se ma, me. Lizette Visser, het uit Tsumeb aan Republikein gesê: “O, ek is so opgewonde vir die kind. Ons was in trane toe hy my gebel het om die nuus oor te dra. Hy sou die Paasnaweek op Tsumeb kom kuier, maar toe word hy Maandagoggend verras met die oproep na die Lions se oefengroep. Ons hou duim vas dat hy die beginspan teen die Cheetahs sal haal, asook vir die Suid-Afrikaanse o.20-span wat in Junie in Kaapstad in die Wêreldbekertoernooi meeding. Die finale groep word op 26 April aangekondig. Alles is net te wonderlik!” Willemse, wat 1,99 meter lank is, het tot graad 11 by Tsumeb Gimnasium skoolgegaan voordat hy in 2010 ’n aanbod van die Leeus gekry en na die Hoërskool Monument op Krugersdorp verskuif het.

Die Springboksenters Jacque Fourie, Jorrie Muller en Brendan Venter is van die bekende onlangse produkte van Monument. In dieselfde jaar het hy die Leeus by die o.18 Cravenweek verteenwoordig en was op 135 kg die swaarste speler in die toernooi.

Willemse se agent, Lu-Wayne Botes (MMCT), het in Windhoek aan Republikein gesê: “Paul is ’n groot seun wat verlede jaar ’n puik seisoen vir die Leeus se o.19’s gehad het. Die afgelope drie jaar laat hy sy merk op die veld en hy maak vinnig opgang. ’n Plek in die Super Rugby oefengroep behoort vir enige 19-jarige ’n droom te wees. Paul het Saterdag weer ’n barshou vir die Leeus in die Vodacombekerreeks gespeel en selfs ’n briljante drie teen die Griffons aangeteken.” Na die 71-25 wegholsege oor die Griffons het een van die SA rugbyskrywers geskryf: “Voorlangs het die Leeus se Namibiese wetstoepasser, Paul Willemse, ook indruk gemaak en min respek vir sy veel ouer teenstanders getoon. Hy het ook ’n drie gedruk en sy verdediging het Doornfontein (die area waar Ellispark is) geskud.”



Updated: 2012-04-10


Developed by FLOW